Bejaarde kry beroerte, na aflewer van water afpersers

NATAL. – ‘n Bejaarde man het Woensdagoggend omstreeks 09:40 ‘n beroerte gehad toe hy en sy vrou glo vir R150 tydens die aflewer van water afgepers is.

Reaction Unit South Africa sê bejaardes in die Trenance Park-omgewing word tydens wateraflewering deur ‘n groep verdagtes geteiken en afgepers. Rusa is reeds na verskeie klagtes ontbied. Na bewering word die bejaardes genader met ‘n aanbod van waterhouers en emmers wat vir hulle van JoJo-watertenks en watertenkwaens na hulle huise gedra sal word. As die water afgelewer word, word die slagoffers gedreig om sodoende geld en waardevolle items te bekom.

Rusa sê die meeste van die voorvalle word nie aangemeld nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui