Die saak van my (Francois van der Merwe) en 4 ander (Tewie Wessels, Willem Petzer, Devon Hofmeyr en Dries Olivier) teen die staat het 9 Mei weer voorgekom.
Ons is ingelig dat die ondersoek (tot ons verbasing) al afgehandel is, en dus is die saak verwys na die NVG (Nasionale Vervolgings Gesag) waar dit beslis sal word of die saak verhoor gaan word of nie. Die volgende hof datum is op 3 Junie waarop die besluit van die NVG (en die toekoms van die hofsaak) bekend gemaak sal word.
Dit is geen verrassing dat die staat ons met volle mag probeer onderkry nie. Hulle hoop om ons moed te breek, maar ons is vasbeslote om aan te hou met die goeie werk wat ons doen. Ek voel sterker en meer oortuig as ooit tevore van ons plig om op te staan en aanspraak te maak op ons Volk se vryheid en sovereigniteit. Ons kan nie glo dat ons Volk se karakter en identiteit behoue kan bly in hierdie klimaat van vyandigheid, multikuturalisme en veel rassigheid nie. Ons moet beskerm wat ons uniek en anders maak, ons moet beskerm wat ons vaders vir ons gelos het.
Verder het ek en Tewie Wessels sake van laster teen die SABC gemaak. Ons gaan nie terugdeins nie.
Elke stryd en elke hindernis versterk my oortuiging dat ons as Afrikaners/Boere moet optree. Ek het die teenoorgestelde les geleer as wat die staat op my wou afdwing. Ons is vasberade om onsself te verdedig teen onderdrukking en diskriminasie, soos ons voorouers teen die Zulus en die Engelse gedoen het. Laat ons herwin wat ons voorvaders verloor het. Die fakkel van vryheid en selfbeskikking is nou ons s’n om te dra.
Sluit aan by die Bittereinders en wys dat daar nog steeds ‘n onwrikbare gees van weerstand in ons Volk is. Saam kan ons die erfenis van ons voorouers eer en ‘n toekoms bou wat gegrond is op ons eie identiteit en waardes.
