Man kry hartaanval op misdaadtoneel

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man (56) het vanoggend ‘n hartaanval op ‘n misdaadtoneel op die R102 tussen Ottawa- en Palmview strate se verkeersligte gekry.

Reaction Unit South Africa sê twee persone wat vir die Comrades-marathon geoefen het en die bestuurder van ‘n voertuig met ‘n meganiese probleem is na bewering deur drie onbekende verdagtes beroof. ‘n Man wat op die toneel aangekom het, het ‘n hartaanval gekry.

Reaksiebeamptes was onderweg na die roof toneel toe hulle deur hulle Phoenix-beheerkamer van die persoon met die hartaanval ingelig is. Paramedici wat ontbied is, het die man op die agtersitplek van ‘n bakkie gestabiliseer en na ‘n hospitaal vervoer.

Na bewering het drie verdagtes, gewapen met ‘n 9 mm-pistool, mes en metaalpyp, die klaers van waardevolle items, duursame drafskoene en sport horlosies in die suidelike baan beroof. Daarna is die bestuurder van ‘n onklaar blou bakkie wat gestaan het, in die noordelike baan beroof. Dit is daarna wat die man in die Isuzu opgedaag het om die man in die blou bakkie te help. Rusa sê hy het besef ‘n misdaad word gepleeg en het ‘n hartaanval gehad.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui