Dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, sê daar is meer as 2000 onopgeëiste lyke in staatslykhuise landwyd.
Phaahla het op ‘n parlementêre vraag gereageer.
Hy sê KwaZulu-Natal het die meeste onopgeëiste lyke.
Hoofdirekteur vir Hospitaaldienste in die Gesondheidsdepartement, dr. Relebohile Ncha, sê die identifikasie van die lyke neem ‘n rukkie om afgehandel te word voordat hulle as armlastiges begrawe kan word.
Ncha sê: “Dit kan eintlik van omtrent sewe dae tot omtrent ‘n jaar of so gaan dat die liggame daar bly en ek dink die hoofrede is dat dit in die identifikasie proses wat ons probeer volg ‘n rukkie neem, want ons moet die SAPD betrek, waar hulle ons probeer bystaan met vingerafdrukke. So die proses om hulle te probeer identifiseer voordat ons dit as armbegrafnis neem, word ‘n bietjie van ‘n lang tydperk van identifikasie wat plaasvind.”
