Cyril Ramaphosa het die Moslem-gemeenskap sterkte toegewens oor Ramadaan, die heilige maand van vas en liefdadigheids werke.
Ramaphosa het gesê: “Ramadaan is ‘n spesiale tydperk van geestelike toewyding, fisiese opoffering en liefdadigheids uitreik vir Moslems. Maar dit is ook ‘n uitdrukking van geloof wat met verdraagsaamheid en Ubuntu deur alle geloofsgemeenskappe omhels word.
“In ons 30ste jaar van vryheid gee die koms van Ramadaan ons ‘n waardering vir die vryheid van godsdiens, oortuiging en opinie wat in ons Grondwet vasgelê is en die rykdom van ons nasie se diversiteit.
“Ramadaan verbind ook die plaaslike Moslem-gemeenskap nouer met hul broers regoor die wêreld. Ons onthou dat Ramadaan vir miljoene mense onder omstandighede van konflik, oorlog, ontheemding en onderdrukking waargeneem word. Ons gedagtes en gebede gaan uit na die mense van Palestina, Jemen, Soedan, die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo, Wes-Sahara, Mali en ander – vir wie hierdie heilige maand ‘n tyd van groot swaarkry en lyding is. “
“Mag die boodskap van Ramadaan, van vrede, verdraagsaamheid en eenheid as ‘n stukrag dien vir ons as die internasionale gemeenskap van nasies om alles binne ons vermoë te doen om die mees kwesbares te beskerm, en ‘n einde te maak aan konflikte en oorloë oral,” President Ramaphosa gesê.
