SAMEWERKING AS ‘N VOLK

Die Boere-Afrikaner Volk gaan nou ‘n fase binne, waar ons dit nie meer kan bekostig om enigsins nie saam te werk nie.

Saamgestel deur: Willie Cloete – Volkskrag Voorsitter

Die politieke situasies wat ontwikkel in Suid-Afrika en wêreldwyd, is besig om ons te dwing om ‘n paradigmaskuif te maak, as ‘n totale Volk, weg van humanisme, die eie ek en te beweeg na totale nasionalisme en geloof in ons Skepper.

Ons moet ‘n gemene punt bereik, waaroor ons saamstem en om sodoende daardie doelwit te bereik.

Daar is in die land verskeie instansies wat hoofsaaklik op donasies en ledebydrae vanuit die Volk kan bestaan en so hulle doel te kan uitleef. Dit is goed, maar verenig glad nie die Volk rondom ‘n doelwit soos Selfregering, of veel beter Selfbeskikking nie.

Selfs in spesifieke vakgebiede soos armoedeverligting is daar geen doelwit wat nagejaag word om armoede tussen ons mense heeltemal uit te wis nie. NRO organisasies slaan behoorlik net vure dood, maar as hulle kan  fokus op die breër prentjie, is dit moontlik, as daar samewerking is tussen al die organisasies in die land met ‘n gesamentlike doelwit. Volkskrag voel daar moet ‘n oorkoepelende liggaam gevestig word, waar VOLKSKRAG die fasiliteerder kan wees om dit te bewerkstellig deur studiegroepe saam te stel van kenners op die gebied en sodoende  deur deeglike beplanning, samewerking en ‘n doelgerigte doelwit daar te stel, om die finansiële en ander logistieke probleme aan te spreek . Daar moet ‘n sperdatum gestel om die aksie af te skop en ‘n verskil te maak in ons Volk se omstandighede.

Dus moet samewerking en eenheid tussen ons mense gevestig word as ‘n norm en nie ‘n uitsondering.

Sonder ‘n gesonde Volkshuishouding kan ons glad nie ons doelwit van Selfbeskikking bereik nie.

Ons moet ons fokus na binne toe neem en ons as Volk ontleed, waar ons tans as ‘n Volk staan ten opsigte van die volgende:

EENHEID, SAAMSTAAN en die belangrikste ons GELOOF. Hoekom noem ek geloof? Ons mense het vanaf 1990 en selfs vroeër begin om net in ons self te glo en slagspreuke te formuleer soos “ONS SAL SELF”, met geen verwysing na die afhanklikheid van ons Hemelse Vader om ons suksesse  aan op te dra nie.

As jy ‘n toring wil bou, kan jy dit alleen doen. NEE daar moet ander saam jou wees en hulle moet saamwerk, beplan en die logistiek vooraf reël wie moet wat doen en wat nodig is, anders sal jy dit ook nie regkry nie. As jy nog God se seën vra op die projek, dan kan ek  jou sê, sal niks jou keer om sukses te behaal nie.

Nou wat het die bouproses met ons Volk te doen? Daar moet eers ‘n fondasie gebou word en dit is ons herstel van ons geloof. Ons moet ‘n lewe lei soos God se Woord van ons vereis. Die fondasie wat vir ons gelê is in die BYBEL, let wel die hele Bybel, nie net stukkies wat jou pas nie. Daarna trek ons as ‘n Volk LAER en begin om te saam te werk aan ons oorlewing in die land, wat deur GOD vir ons gegee is. Dus ons DOELWIT IS SELFBESKIKKING, wat nie in ons skote gaan val nie. Al die groepe moet saamwerk, om dit te bereik. Weereens sal VOLKSKRAG DIE FASILITERINGSROL SPEEL, om die groepe saam te voeg, om dit te bereik.

So kan ek aangaan na vele gebiede, wat ons moet regkry, om ons te red uit die euwel wat ons getref het met ‘n ANC-regering.

Portefeuljes wat ons wil na kyk is die volgende:

  • Godsdiens
  • Selfbeskikking in Boere-Afrikaner Volksland
  • Staatkunde
  •  Vroue-Aksie
  •  Onderwys
  •  Regskunde
  •  Ekonomie
  •  Finansies
  •  Landbou en Meganisasie
  •  Arbeid
  • Buitelandse Sake
  •  Jeug
  •  Kommunikasie
  •  Plaaslike Regering
  •  Gesondheid
  •  Taal, Kultuur en Kuns
  •  Sport
  •  Veiligheid

Ons nooi as VOLKSKRAGBESTUUR alle regdenkende volksgenote om aansoek te doen om in die portfeuljes te dien en hulle bewese kennis van ‘n portfeulje met ander te deel, tot voordeel van ons hele Volkshuishouding.

U kan vir ons, u naam, gebied waar u woonagtig is, e-posadres,  selfoonnommer en portefeulje, wat u in belangstel en ‘n kort cv, stuur.

Voorsitter: Willie Cloete: willie.cloete@volkskrag.co.za

Sekretaris: Jann Schlebusch: jann.schlebusch@volkskrag.co.za

Groete

Willie Cloete

2 thoughts on “SAMEWERKING AS ‘N VOLK

  1. Not to be divisive but need clarity, you only mention Boer Afikaaner Volk in the above, so where will that leave the non Afrikaaners. I have no need to trigger anyone, it is just a question.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui