Mediaverklaring – Suid-Afrikaanse Polisiediens. Kantoor van die Provinsiale Kommissaris Mpumalanga
Donderdag 21 Maart 2024.
NELSPRUIT – ‘n Operasie deur multidissiplinêre span bestaande uit die Middleburg Flying Squad, DPCI (Middleburg Georganiseerde Misdaad), Nkangala Distrik Taakspan asook Departement van Omgewingsake, Tracker Connect en Bidvest Security het daarin geslaag om 2 187-liter vermoedelik gesteelde diesel in Ogies terug te kry gister, Donderdag 21 Maart 2024.
Drie Zimbabwiese burgers tussen 24 en 30 jaar oud is op verskillende plekke gevind met verskeie houers vol diesel.
Die span is saamgestel nadat ‘n opvolg oor diefstal van steenkool in een van die Middleburg-myne in Februarie vanjaar (2024) aangemeld is.
Toe lede besig was met ‘n opvolg van die inligting, drie ligte afleweringsvoertuie. Dit is twee Isuzu-bakkies en een Nissan NP200-bakkie. Dié motors is volgelaai met houers vol diesel gevind. Alle bestuurders kon nie die bewys van aankoop lewer nie, en daarom is hulle gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, onwettige handel in diesel en oortreding van die Immigrasiewet van Suid-Afrika.
Daar is beslag gelê op die voertuie, en ‘n kragopwekker asook dieselpomp pype vir verdere ondersoek.
Alle verdagtes sal na verwagting binnekort in die Ogies-landdroshof verskyn.
Die provinsiale kommissaris van die SAPD in Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Daphney Manamela, het die gesamentlike magte geloof vir die arrestasies.



