“Voertuig afslaer swendelaar” loop sy rieme styf met ‘n VOLKSKRAG NUUS personeel lid

Duisende rande word uit mense bedrieg deur sogenaamde “motor handelaars”

Wanneer iets te goed lyk om waar te wees is dit beslis ’n lieg storie. Ons het besluit om bietjie te gaan kyk na die motorhandel bedryf.

VOLKSKRAG NUUS het besluit om ’n bakkie vir onder R40 000 te soek en op www.onlycars.co.za gaan snuffel. Hulle adverteer ’n Toyota HiLux 2003 3.0 KZTE 4×4 vir R 27 000. Volgens die advertensie is die voertuig in Krugersdorp.

Ons het die “verkoper” op WhatsApp gekontak waar hy vertel dat hulle in Kempton Park geleë is en dat hulle die voertuig op ’n vendusie gaan opveil. Om 8h51 het hy aan my gesê dat die voertuig oor 9min, om 9h00 in ’n vendusie opgeveil gaan word. Ek sê toe vir hom dat ek in Benoni is en skielik verander die ligging van die vendusie na Heidelberg.

Uit stemboodskappe wat die sogenaamde handelaar aan my gestuur het, kan ek baie duidelik aflei dat hy ’n baie swaar Nigeriese aksent het.

Ek het reeds sy WARE ligging vasgestel deur middel van programmatuur waaroor ek beskik, vasgestel dat hy in Berea, Durban geleë is en nie in Johannesburg soos wat hy beweer nie.

Nadat ek hom met die feite gekonfronteer het, het sy selfoon skielik van die lug af verdwyn

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui