Een van Sandton se Rolex-bende dood geskiet, nog een gearresteer

Die Rolex-bende teiken mense in Sandton en Sandhurst met waardevolle horlosies en beroof hulle ban hul horlosies. Rolex horlosies is baie waardevol en daarom is dit lonend om die horlosies te steel

Hoeveel kos ’n Rolex horlosie?

Volgens Rolex webwerf horlosies ‘n ontwerp vir individuele behoeftes. Die ‘Sea Dweller’ word byvoorbeeld gewaardeer teen R266,900 en is gemaak van Oester staal en goud.

Wat het gebeur?

ʼn Man wat deel van die sogenaamde Rolex-bende vorm, is Sondag in die vroeë oggendure in Sandhurst in Johannesburg doodgeskiet. Sy vermeende makker is gewond en word onder polisiebewaking in die hospitaal behandel.

Volgens brig. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, het twee gewapende mans – glo deel van die Rolex-bende wat slagoffers met peperduur horlosies teiken – ʼn sakeman in sy voertuig aangeval. Hulle wou hom vermoedelik van sy Rolex-horlosie beroof.

“Hulle het die sakeman en sy twee lyfwagte met ’n vuurwapen uit die motor probeer dwing. Die lyfwagte het egter vinnig gereageer en skote op die verdagtes afgevuur.

“Die verdagtes het probeer vlug, maar een het op die toneel weens ʼn skietwond inmekaargesak. Die tweede verdagte is paar meter verder dood aangetref,” sê Muridili.

Die polisie het op die verdagtes se voertuig, ʼn Suzuki, sowel as die ongelisensieerde vuurwapen wat in die rooftog gebruik is, beslag gelê. Daar is ook beslag gelê op die lyfwagte se twee gelisensieerde vuurwapens.

“Al die vuurwapens sal deur die polisie se forensiese wetenskaplaboratorium aan ballistiese toetse onderwerp word.

“Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot roof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, en doen ook ’n geregtelike doodsondersoek,” sê sy.

Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy medies geskik is om dit te doen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui