Die CIPC-webtuiste is in ‘n kuberaanval geteiken en drie miljoen besighede en individue se data is moontlik gesteel.
Kliënte wat geregistreer is by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir vreemde boodskappe en aktiwiteite op hulle rekeninge.
Addresse, kredietkaartinligting, ID-nommers en name van besighede en maatskappye is moontlik gesteel.
Kuberkrakers het by die databasis ingekom en glo verklaar: “Ons het ingekom by julle databasis en ons eis ‘n losprys teen ‘n sekere tyd”. Dit is onbekend of die aanval vanuit Suid-Afrika of ‘n ander land gekom het.
Die polisie en Valke is van die kuberaanval in kennis gestel, aangesien die CIPC ‘n regeringsagentskap is.
