Bloemfontein onwettige Plakkers – Situasie is besig om te eskaleer

BLOEMFONTEIN – VRYSTAAT.  Gebeure lyk nie rooskleurig in die Rosestad vanweë onwettige plakkers wat amok maak in Bloemfontein…

Onwettige plakkers beset ’n Stadsraad perseel van nagenoeg 700ha sedert die naweek. Volgens berigte word die plakkerskamp deur 4 ANC Stadsraad lede geïnisieer. Die raadslede het met peperduur voertuie, vragmotors en bakkies gehelp om die plakkers te laat aanry. Die plakkery geskied langs Ferrreia weg in Bloemfontein. Daar word 2 woonbuurte, Lourier Park en Pellissier deur die plakkers geraak.

Die plakkery geskied weerskante van die Jagersfontein pad en het na die Ferrreia pad ook begin uitbrei. Volgens die woordvoerder word daar selfs langs die Bloemdal pad ook nou al hutte opgerig.

Volgens berigte ontvang gebruik die plakkers Laurier Park se strate om toegang tot die plakkerskamp te verkry. Die inwoners van Lourier Park wat volgens berigte EFF georiënteerd is, is uiters ontevrede oor die stand van sake. Volgens berigte is Lourier Park oorwegend ’n swart woonbuurt.

Alle toegangs roetes na Lourier Park word tans met brandende bande en klippe versper. Beide die ingange en uitgange na Lourier park is versper. Inwoners van Lourier Park het die Ferreira pad vol klippe gepak om te keer dat daar nog mense inkom. Die inwoners kan nie werk toe gaan nie en hul kinders kan nie skool toe gaan nie.

Die inwoners en organisasies het ’n interdik bekom wat beveel dat die plakkers verwyder moet word. Volgens berigte het die stadsraad besluit dat die plakkers kan aanbly aangesien dit stadsraad grond is. Die inwoners en organisasies is besig om ’n dringende hofbevel te kry om die stadsraad te dwing om die plakkers te verwyder

Na ’n twee en half uur ontmoeting met verskeie belanghebbendes, politieke partye en burgerlike organisasies, waarin die Uitvoerende Burgemeester bloot verantwoordelikheid afgelei het en sy optrede verdedig het om die grond indringers te verdedig. Geen oplossing is gevind nie en geen vordering is gemaak nie. Die DA gaan hof toe om ‘n hofbevel te kry om die munisipaliteit te dwing om aan die uitsettings kennisgewing te voldoen.

Volgens ’n woordvoerder het die plakkers intussen ook begin om op ’n privaat eienaar se grond te begin plak. Daar is pogings om ’n dringende uitsettingsbevel aangaande die eiendom te bekom.

Volgens ’n woordvoerder wat nou net verby die toneel gery het, is daar hordes Polisie en oproermakers by die Lourier Park ingang. Hulle staan in massas by die Lourier Park ingang en is besig om op mekaar te skree

VOLKSKRAG NUUS het nou net berig ontvang van een van die GPF lede wat betrokke by die area in Lourierpark is. Hy se dit is besig om hand uit te ruk en die mense stroom steeds in. Jagersfontein pad is toe en probleme op die Ferreira pad is besig om te eskaleer. Skote is besig om te klap en die mense is uiters aggressief.

Wat is die impak van die plakkerskamp in die omgewing?

Daar was klaarblyklik ‘n inbraak by Bloemdal slaghuis deur die nag. Aangrensende boer se mielies word gesteel/gestroop, nog ‘n boer se beeste is weg, vermoedelik gesteel. Daar was met Generaal Adams, distriks kommissaris gepraat. Parkweg polisie sal van vandag af by al die boere wat aangrensend gelee is tot die grondbesettings area uitkom, dit sluit die RS koördineerders van SAPD in om te hoor watter misdade plaasgevind het. Boere moet dan asb dit rapporteer en sake open.

Beeld materiaal ontvang van Bloemfontein

One thought on “Bloemfontein onwettige Plakkers – Situasie is besig om te eskaleer”

  1. Dankie
    Ja, ons toegangsroete is nou toe. Maar die mense wat daar naby woon en boer het groot moeilikheid. Daar is reeds beeste en mielies gesteel en gisteraand ingebreek by Bloemdal Slaghuis.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui