Bejaarde vermoor in huis gevind, na hulle hom gemartel het..

‘n Bejaarde man wat nie gisteroggend by die kerk opgedaag het nie, is dood in sy kombuis aangetref.

PARYS – VRYSTAAT. – ‘n Berjaarde man (80) is gisteroggend omstreeks 09:45 dood in sy huis in Parys gevind, waar hy met vasgebinde hande en voete in die kombuis gelê het.

Volgens kapt. Loraine Earle het die bejaarde glo nie by die kerk opgedaag nie en ‘n vrou van die kerk is na sy huis toe om ondersoek in te stel. Sy is deur die oop agterdeur die huis in, waar sy die oorledene se liggaam in die kombuis ontdek en die polisie in kennis gestel het.

Die oorledene het alleen gebly. Daar was geen geforseerde toegang tot die huis nie.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, kan AO Jaco Venter by 082 554 3041 bel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui