Ek hou die afgelope ruk die plaasboere dop in Europa en wat hulle doen om hulle plase te behou, wat al geslagte in familiebesit is.
Dit neem veel om ‘n plaasboer opstandig te maak. Dit wil voorkom, asof die Europese Unie en al sy lidland regerings nou die lyn oorgesteek het, siende hoe hulle in opstand gekom het in byna alle Europese lande.
Daar is egter verskeie redes vir die opstand, soos die voorskriftelikheid van die EU oor hoe die boere moet boer. Wat hulle mee mag boer, watter stowwe gebruik moet, soos deur plaagdoder te halveer, die gebruik daarvan op hul please. Dit maak die Europese boere warm onder die boordjie. Daar word selfs voorgeskryf hoeveel beeste ’n boer mag aanhou. Verder moet hulle kompeteer met goedkoper invoere, veral uit die Ukraïne, die stygende koste van energie en kunsmis. Subsidies word verlaag, wat kan veroorsaak dat baie van die boere nie meer winste maak en uitboer. Hulle plase word oorgeneem deur groot maatskappye en wat groot gaan. Met al die gepaardgaande koste verlagings maak dit vir die kleiner boere onmoontlik om met pryse mee te ding.
Die EU wil alles GROEN, wat beteken kweekhuisgasvrystelling, klimaatsverandering, biodiversiteit, of bewaring moet toegepas word deur die boere. Dit beïnvloed die boere se produksie en kostes.
My mening is, dat daar iets anders agter hierdie maatreëls is, siende dat dit vereiste is soos bepaal deur die Europese Unie, waaraan die boere moet voldoen. Dit lyk vir my baie na ‘n aksie om die boere te dwing om op te hou boer en groot massaproduksie te bevorder.
Hier in Suid-Afrika neem die elite sommer kortpad en wil grond onteiening nou stukrag gee deur sommer plase af te neem met onteiening sonder vergoeding en plase te wil bestuur op ‘n Marxistiese wyse. Weereens gaan die produksie afneem a,g.v swak bestuur, of glad geen produksie op die plase soos al bewys is met plase wat onteien is.
Ek dink ons plaasboere moet bietjie nadink, of ons onteiening en plaasmoorde nie verband hou met die wêreld elite se NWO agenda nie.
Een ding verseker, hulle is meesters om dinge onskuldig te laat lyk ,maar het in werklikheid ‘n verskuilde agenda.
Die plaasboere van EU wys dalk vir ons die pad hoe mens sulke goed beveg.
Willie Cloete

Dit hou beslis verwant. Dis n Plan om voedsel te beheer en sodoende mense tot oorgawe aan die Wereldheetskappyy bring
Klaas, Jy slaan die spyker so op sy kop