Blanke Armoede is een van die probleme in Suid-Afrika wat onder die kombers gehou word. Min mense weet wat die omvang is van die probleem. Daar was wel armoede voor 1994, maar dit het begin toeneem met regstellende aksie en naïewe individue wat pakette geneem het. Hulle kon nie die mas opkom nie en het in totale armoede verval. Soos die jare aangeloop het, het die probleem groter geword as gevolg van werkloosheid van die blanke bevolking. Familie kon ook nie meer help, of selfs van die mense is verwerp deur familielede en het nou geen heenkome nie. Hulle bly in informele behuising op enige plek beskikbaar, waar daar soms geen geriewe is nie, in uiters gehawende toestande. Die geskatte getal armoediges is meer as 700 000 landwyd en dit groei by die dag.
Volkskrag ‘n nuwe organisasie wil graag ‘n verskil maak in die mense se lewens.
1) Daar is baie nieregeringsorganisasies (NRO/”NGO”) wat besig is met werk tussen die mense en probeer hulp verleen maar, op ‘n ongekoördineerde manier. Daar is egter in sommige gebiede meer gekoördineerde pogings.
2)Volkskrag wil deur ‘n rekenaarstelsel die organisasies aanmekaar verbind. Ons gaan kyk na verskeie probleme in ons volkshuishouding en bepaal wat die dringendste aandag benodig.
3)Ons wil graag hê dat ons mense behoorlik versorg word.
4) Een van ons mikpunte is om werk te skep vir werkloses, wat weer die mense se selfrespek sal terugbring en hulle weer selfversorgend kan word.
5) Een van ons mikpunte is ook om die Boere-Afrikaner volk as ‘n eenheid te laat saamwerk en sodoende ook Selfbeskikking vir ons te kry met ‘n gesonde volkshuishouding.
Ons beoog om ‘n kongres te hou waar dit bespreek kan word en oplossings gevind kan word om ons volksgenote te help. Daarom wil ons ‘n beroep doen op alle organisasies om met Volkskrag kontak te maak en ook enige borge wat so kongres kan help finansier.
E-posse kan gestuur word na: willie.cloete@volkskrag.co.za .
Willie Cloete
Voorsitter
VOLKSKRAG
