Saamgestel Deur Willie Cloete
Die datum van die verkiesing is bekend en al die politieke partye is nou besig om die beste voet voor te sit, of in sommige se oë hoe radikaal kan ek wees om stemme te trek.
Daar word hard gewerk aan moontlike koalisies wat gevorm kan word. Koalisies is feitlik regoor die wêreld, nie ‘n suksesvolle regering nie en misluk die meeste van die tyd.
Suid-Afrika is ongelukkig nie ‘n twee-party land nie en ook met elke verkiesing is daar nuwe partye wat navore kom, wat meebring dat die lys van partye seker die langste in die wêreld gaan wees. Dit bied vir die kieser of ‘n wye verskeidenheid van keuses, of ‘n totale verwarring, want selfs die drukwerk op die stembrief moet in kleiner formaat gedruk word.
Die gevolg van so ‘n klomp partye is dat die verspreiding oor die politieke grense groter word en volgens my mening is dat die ANC die groot verloorder gaan wees. Die boodskap aan die ANC is, dat honger mense stem teen die een wat dit veroorsaak en in ons geval is dit die ANC.
Die DA gaan hard op die drom slaan van werkloosheid, want volgens statistieke is dit 59% tussen jongmense. Volgens die OVK se databasis het ‘n groot klomp jongmense geregistreer vir die verkiesing. Hulle kan ‘n deurslaggewende faktor wees, waarheen die stemme gaan beweeg.
Die ANC gaan in Natal baie stemme verloor, wat hulle keuse die Zuma se Umkonto party gaan maak. Of ons dit wil glo, of nie, Zuma het nog baie invloed oor die Zoeloes. Hy is ‘n tradisionele Zoeloe, wat die Zoeloevolk teen die regering gaan laat draai. Ek glo selfs die IVP in Natal gaan ook beter vaar as in 2019.
In die Kaap gaan die DA weer koning kraai en in die res van die land kan hulle die protes- stemme trek. Die ANC het te veel beloftes gemaak, wat nie nagekom is nie en veral die jeug gaan hulle rug draai op die ANC. Selfs van hulle getrouste ondersteuners gaan hulle verlaat. Ramaphosa en sy kabinet het bewys hulle is die swakste nog.
As ons kyk na ander partye, die EFF hoop op ‘n koalisie met die ANC en dalk dan vir Julius ‘n kabinetspos, of nog erger, Adjunk-President te maak. My mening is dat hulle sitplekke nie gaan vermeerder nie.
Die VF-Plus hulle stemme gaan defnitief afneem omdat hulle wegbeweeg van hulle oorspronklike mandaat toe hulle gestig is.
Ontleders verwag dat die ANC se stempersentasie kan daal tot 40%. In die meningpeilings is daar eenstemmigheid oor dit.
Die vraag is gaan die ANC ‘n groot verloor aanvaar en gaan daar onstabiliteit wees in die land?
Ek glo egter die beste uitweg vir ons Boere-Afrikaner Volk is Selfbeskikking. Hou vir Volkskrag dop, want ek glo dat buite parlementêr is ons kans baie beter. Ons as ‘n Volk moet as ‘n eenheid saamgebind word.
Willie Cloete
