DA se Raymond Ross is tot Kaap Agulhas se burgemeester verkies ná ’n wantrouestemming teen voorganger
Kaap Agulhas, ’n Wes-Kaapse munisipaliteit wat bekend is vir sy natuurskoon en skoon oudits, het ’n nuwe burgemeester nadat sy voorganger deur ’n mosie van wantroue verwyder is. Raymond Ross is die nuwe burgemeester van die Kaap Agulhas-munisipaliteit. Die voormalige burgemeester is deur ’n wantrouestemming verwyder nadat ’n dissiplinêre komitee hom aan wangedrag skuldig bevind…
