AfriForum-jeug verfraai Slag van Bronkhorstspruit-monumente
Die monumente is verwaarloos en jare lank in ’n haglike toestand gelaat voordat die tak besluit het om die monumente skoon te maak en die jeug by die land en dorp se geskiedenis betrokke te kry. Die jeugvleuel van die AfriForum Bronkhorstspruit-tak het onlangs moue opgerol en broodnodige herstelwerk aan die Slag van Bronkhorstspruit-monumente gedoen….
