VRYSTAAT. – Tydens ‘n polisie-operasie naby die N1 op Ventersburg is vyf verdagtes vir verskeie vermeende misdade wat by die vragmotorstilhouplek plaasgevind het, vasgetrek.
Sers. Mahlomola Kareli sê Saterdag se operasie is vir misdaad aanmeldings soos aanranding met die doel om ernstig te beseer, diefstal vanuit ‘n motorvoertuig en die besit van gevaarlike wapens gehou. Die verdagtes tussen die ouderdom van 26 en 31 jaar is in hegtenis geneem.
Die operasionele optredes sal voortduur.
Die vyf verdagtes sal in die Ventersburg-landdroshof voorkom.
