Die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley in die Noord-Kaap sê die inwoners moet voorberei vir nog ‘n water afsluiting. Dit is as gevolg van ‘n groot lekkasie op een van die klep se pakking. Kimberley en Richie sal ‘n water afsluiting ervaar wat op die eerste week van April begin, vir 3 dae.
Die munisipaliteit sê hulle sal twee dae nodig hê om die pyp leeg te maak en die werk self sal sowat 12 uur neem om te voltooi. Hulle sê die opgraderings sal vir die volgende 7 jaar voortduur. Inwoners sê hulle is gefrustreerd oor die water afsluiting. Hulle sê die bejaardes word die meeste geraak omdat hulle ure lank in toue moet staan en uiteindelik nie water kry nie weens mense wat indruk.
Inwoner Mustapha sê, “Onderbreking van die water is vir ons ‘n probleem want wanneer die munisipaliteit die water afskakel kom dit vuil terug. Dus, wanneer hulle vragmotors met water bring, is die bejaardes die swaarste omdat die jongmense die oumense gaan stoot, waardeur die ou mense uiteindelik nie die water kry nie.”
Nog ‘n inwoner Dorothy Appie sê, “Die water onderbreking is ‘n ernstige probleem in ons area in Kimberley as geheel. Nou, as die water terugkom is dit baie vuil en nou is die probleem ons het kinders wat skool toe gaan.” Gulraiz Abbas, ‘n inwoner, sê. “Restaurante het water nodig, water is baie belangrik en in Kimberley is daar elke drie maande, selfs elke aand, geen water nie. Dit kom sesuur in die oggend en soms kom dit nie eens nie.”
Die Sol Plaatje-munisipaliteit se grootmaat befondsing infrastruktuur bestuurder, Lucky Moyahi, sê die kleppe is nie funksioneel nie en moet vervang word.
BFI-programbestuurder, Lucky Moyahi sê, “Ons sit nou met ‘n situasie waar ons ‘n groot lekkasie in een van die kleppe se pakking het, wat toegee. Dit is ongelukkig ‘n lekkasie wat ons nie kan aanspreek sonder om op te hou om water uit Riverton te pomp nie. wat beteken dat dit ons verplig om ‘n stilstand te hê. Ons verwag dat die werk ongeveer drie dae sal neem, waarvan twee dae daaraan gewy sal word om die lyn leeg te maak, want daardie klep moet verwyder word.”
Die munisipaliteit het minstens R23 miljoen gebruik uit die R2,5 miljard wat deur die Nasionale Tesourie beskikbaar gestel is. Die munisipaliteit sê daar sal verskeie ander afsluitings wees.
