Plaasaanval en ontvoering, Eikenhof



‘n Plaasaanval het by Caymenweg, Eikenhof, naby die Eye of Africa-landgoed plaasgevind tussen 22:00 op 25 Oktober 2024 en 04:00 op 26 Oktober 2024.

Verdagtes het glo toegang bekom deur die heining deur te sny en die veiligheidshek by die huis te breek. Eenmaal binne is die huis geplunder, en die verdagtes het twee voertuie gesteel.


Een van die gesteelde voertuie is vroeg op 26 Oktober 2024 in Thokoza teruggevind. Die tweede voertuig, ‘n metaalgroen Isuzu dubbelkajuit LDV, registrasie CB01WRGP word steeds vermis.

Ons vermoed dat die twee vroue deur die verdagtes ontvoer is. Geen losprys-eise of ander kommunikasie is tans deur die verdagtes of die slagoffers gemaak nie.

VERMISTE PERSONE:
Hester Flemming: 52 jaar oud, 1,6 meter, baie maer.
Cecilia Johanna Flemming: 82 jaar oud, 1,6 meter, baie maer.

Indien u enige inligting het wat in die ondersoek kan help, moet asseblief nie huiwer om enige van die volgende persone te kontak wat die taakspan van Mike Bolhuis is nie:


MNR CHRIS COETSER
Kontaknommer: +27 82 457 4007
E-posadres: chrisc@mikebolhuis.co.za
MEV ANTOINETTE COETSER
Kontaknommer: +27 82 319 4751
E-posadres: antoinettec@mikebolhuis.co.za
MS ODETTE VAN STADEN
Kontaknommer: +27 64 700 3023
E-posadres: odettevs@mikebolhuis.co.za
MNR MIKE BOLHUIS
Kontaknommer: +27 82 4476116
https://www.mikebolhuis.co.za/…/projek-dringende-plaas…


Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui