Slaan dood die towenaars – Apartheid – Die waarheid

Piet Retief het Dingaan en sy Zoeloes vertrou en die einde van die aand het met “maak dood die towenaars” ge-eindig. Dingaan het ’n wettige ooreenkoms met Piet Retief gesluit en het teruggegaan op sy woord deur Piet Retief en sy manne koelbloedig te vermoor.

Die woord eerbaarheid het van die vroegste tye van ons volk ontbreek as dit by sekere volke kom. Wit volke ingesluit. Na Dingaan en die gebeurlikhede rondom dit was ons onderdruk en uitgemoor deur ’n blanke volk tydens die tweede Vryheid’s oorlog.

Apartheid geld nie net vir volke van verskillende kleur nie, maar ook van verskillende kultuur binne ’n spesifieke etniese groep. Daar was aparte Afrikaanse en Engelse skole. Daar is reuse- kultuur verskille tussen Afrikaner en Brit. Soveel so dat selfs ons afsonderlik van mekaar lewe.

Hoekom is daar konflik tussen nasies. Die Bybel kan weereens daardie vraag beantwoord:

Handelinge 17:26-27

Hnd 17:26  En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,
Hnd 17:27  sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;

Uit hierdie gedeelte is dit duidelik dat volke hulle moet afsonder en die aangesig van GOD as ’n VOLK moet soek! Volkskap kom pertinent in die ou sowel as die Nuwe Testament voor. Om jou te vereenselwig met jou geboorte volk is van uiterste belang volgens die Bybel!

Wanneer ’n volk volgens die wee van die Bybel lewe moet daardie volk homself in geheel afsonder van heidense volke. Ons moet die woord aan die heidense volke verkondig tot bekering en as bekering nie plaasvind nie tot ’n getuie teen hulle.

Woordverkondiging en vermenging is totaal 2 verskillende begrippe. Met Jesus se laaste woorde in Matheus 28:19 “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Het Jesus van die verkondiging van die Woord gepraat. Hy het nie opdrag gegee om met hulle te vermeng nie. Hy het gesê: Maak dissipels van al die nasies en nie maak een nasie nie!

Weereens ’n bewys dat tot Jesus onderskeid tussen nasies getref het. Dat afsonderlik ontwikkeling op alle vlakke ’n Bybelse opdrag is. Die Bybel is oorvloedig in die onderskeid en volgens Openbaring 7:9 “…nasies en stamme en volke en tale…”. Selfs jou taal is ’n skeiding volgens die Bybel

In Openbaring 7:9-10 is dit duidelik dat daar tot in die Hemel afsondering van toepassing is!

Opn 7:9  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
Opn 7:10  en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!

As die Here ’n voorstander van vermenging was, sou Hy tog nie tot in die Hemel onderskeid getref het nie. Dan sou Hy net van die “inwoners van die Hemel” gepraat het.

Ons as Afrikaner volk het tot ’n unieke volk hier aan die Suidpunt van Afrika ontwikkel. Selfs die kleurlinge het hul eie taal, voortspruitend uit Afrikaans ontwikkel. Hul uitspraak en taal is totaal verskillend van ons. Weereens ’n onderskeid in taal en kultuur.

Dit is ons as volk se plig om ons af te sonder van ander volke en hul gebruike. Dit is ons volk se plig om die Here in volksverband te soek volgens Handelinge 17:26-27. Elke volk moet daarvolgens die aangesig van die Here binne sy eie volk soek.

My vraag vandag is: Wanneer gaan ons as ’n volk die Here se aangesig AS ’N VOLK begin soek? Voor ons dit nie doen nie kan ons nie God se genade verwag nie! Die tyd raak min!

2 thoughts on “Slaan dood die towenaars – Apartheid – Die waarheid

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui