Geskryf deur Dr. Jann Schlebusch
8 September 2024
Ef 6:10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
:11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
:13 Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
:16 Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
:17 En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—
:18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
Geliefde volksgenote
Vanoggend is ek baie ontsteld. Hoewel ek baie van rugby hou, het ek lankal opgehou om Springbokrugby te kyk, omdat dit die interegrasie-agenda dien. Ja, Satan en sy meelopers misbruik rugby om ons volk se nasionalisme te vernietig. Trouens, rugby is een van die belangrikste instrumente waarmee die duiwelse magte ons volk aanval.
Gister het ek vir die eerste keer in jare saam met vriende rugby gekyk. Ek het gedink ek kan maar ‘n uitsondering maak, dit sal tog nie so erg wees nie. Ek was verkeerd. Dit was baie erg. ‘n Multukulturele span in die springboktrui waarop ons volk so trots was – onder leiding van ‘n volksvreemde kaptein. Uit volle bors sing alle rasse die afgodsgebed aan Nkosi saam, vergruis ‘n deel van die Stem – en sluit dan af met ‘n belydenis dat ons almal nou één is en baie trots daarop is.
Baniere word rondgeswaai dat ons nie meer ‘DNA’ is nie, maar net ‘RSA’! Dit is ‘n direkte aanval op God se skeppingsorde en die grense wat Hy tussen rasse en volke gestel het – grense wat God gestel het sodat ons Hom kan soek in volksverband. Meer nog, dit is ‘n verklaring dat ons die Babel van Satan verkies bo God se Verbond. Dit is ‘n oorlogsverklaring teen die Christendom. Dit is net soveel ‘n oorlogsverklaring teen die Christendom as wat die die opening van die Olimpiese Spele was. Dit is ‘n kant-kies vir Satan – en sy agenda in hierdie oorlog.
Geagte volksgenoot, jy kan seker redeneer dit raak jou nie. Jy stel net belang in die sport. Jy is nie deel van hierdie agenda nie.
Jy bluf jouself. Jy kan netsowel redeneer dat dit jou nie sal pla as hulle ‘n bordeel in jou huis oopmaak nie. Kyk jou vrou en kinders nie saam met jou rugby nie? Wat van jou vriende? Hulle sien dat jy hierdie aanval op ons volk goedkeur of minstens gelate aanvaar. Weet jy nie dat jy ‘n priester van God is nie? Of weet jy nie dat jy as Christen met die wapenrusting van God teen Satan en die bose wêreldheersers van hierdie eeu moet veg nie?
Nee, geliefde volksgenote, luister na die lering in Open 18:4 “…Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”
Ek weet baie van julle kyk ook nie meer die Springbokrugby nie – en deel nie in die gruwel nie. Vir julle vra ek net: Bid, bid, bid asb vir ons volk. Smeek ons Vader tog vir genade en herstel; vir terugkeer na sy Verbond en die ou weë.
Gebed:
Hemelse Vader, wees ons arme volkie genadig! Ons smeek U. Ons is sondige mense. Laat U Heilige Gees tog in groot krag oor ons volk kom en bekeer ons sodat ons onsself kan bekeer (Jer 5). Herstel ons sodat ons weer ‘n Godvresende en Godvererende volkshuishouding vir U kan wees; ‘n Verbondsvolk wat voor U wandel. Ons het genoeg gehad van hierdie gruwel wat ons so nagejaag het. Ons begeer U liefde en troue sorg. Gee ons nog ‘n kans om U eer te dra. Ons smeek U vir genade Vader.
Amen
Nee ek sal dit more oggend plaas
