Plakkers begin om in Bloemfontein woonbuurt te plak, Skote geskiet

BLOEMFONTEIN – VRYSTAAT Met geen verbetering in toestande het plakkers 3 plakkers hutte in die aangrensende woonbuurt, Pellissier opgerig.

Daar was gister en deur die nag gereeld geweer afgevuur in die betrokke gebiede. Besonderhede aangaande die geweer skote is nog onbekend.

Toegang deur Lourier Park is nog steeds afgesper en plakkers kan nie die area waar hulle plak betree vanaf die woongebied nie. Die plakkers gebruik Lourier Park se roetes om vanaf die nabygeleë informele nedersetting na die onwettig besette area te beweeg.

Die Mangaung-metro het aangedui dat hulle die hofbevel gaan implementeer en dat hulle moontlik hulp nodig het ten opsigte van hulpbronne.

Die DA het sy regsverteenwoordigers opdrag gegee om die stad op voorwaardes te plaas om voor 15:00 aan te dui dat hulle sal optree en watter stappe gevolg sal word.

Indien bogenoemde nie aan die lig kom nie, sal die Hooggeregshof genader word om:

1) Dwing die metro om te doen wat hulle voorgeneem het met hofbevel wat dit om Saterdag en verkry is

2) Gee gepaste verligting teen die persone of organisasies wat inmeng met die uitvoering van die hofbevel en wat die effek daarvan ondermyn.

VF Plus sal Bloemfontein dwing om hofbevel teen besetters uit te voer

Mediaverklaring uitgereik deur: Wouter Wessels
VF Plus-LP en nasionale woordvoerder
5 Maart 2024

Die VF Plus sal die Mangaung-metro dwing om die tussentydse hofbevel uit te voer wat die metro op 2 Maart bekom het teen onwettige grondbesetters in die Suide van Bloemfontein, wat insluit Lourier Park.

Dit het onder die VF Plus se aandag gekom dat hoewel die tussentydse hofbevel op ʼn dringende basis toegestaan is en bepaal dat enige onvolledige strukture wat op die eiendom opgerig is, sowel as alle boumateriaal verwyder moet word en dat die besetters die area moet verlaat, die burgemeester, mnr. Gregory Nthatisi en sy mede ANC-raadslede, besluit om nie die bevel te laat uitvoer nie.

Dit is nie ʼn besluit wat die burgemeester of enige raadslid kan neem nie. Die eiendom behoort aan die munisipaliteit en die hofbevel is in openbare belang bekom en moet uitgevoer word.

Dit is ook bevestig dat dit juis ANC-raadslede was wat die besetters aangemoedig het om die spesifieke gebied te beset. Die ANC gebruik hierdie as ʼn verkiesingsfoefie om politieke punte aan te teken en kan daarom nie bekostig dat die hofbevel uitgevoer word nie.

Die VF Plus sal hom dus tot die hof wend om die metro te dwing om die bevel uit te voer en ook met die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, skakel oor die effektiwiteit van die polisie se optrede in dié verband.

Die ANC-regering het die behuisings krisis in Suid-Afrika geskep wat in 30 jaar nie daarin kon slaag om behoorlik te voldoen aan die behoeftes van Suid-Afrikaners nie. Nou is dit die einste ANC wat misdadigheid en onwettige besettings aanmoedig omdat hy in die moeilikheid is by die stembus.  Die inwoners van Mangaung kan werklik nie meer die onbesonne en selfdienende ANC bekostig nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui