HEILBRON – VRYSTAAT 4/3/2024 Daar was laas nag tussen 11 en 12 uur n plaasaanval op die plaas Holfontein van Louis Mothombela en sy vrou in die Heilbron distrik. Niemand is beseer nie. Vuurwapen en ’n skoot rekenaar is gesteel. Hulle was ook op soek na geld. Tussen 4 en 10 persone wat gewapen was betrokke.
Die aanvallers was Sotho sprekend en volgens hul aksent van Lesotho afkomstig. Volgens gesprekke tussen die aanvallers kan daar afgelei word dat daar nog aanvalle in die Noord-Oos Vrystaat beplan word.
Die verdagtes het die slagoffers Louis Mothombela en sy vrou vasgebind en die huis omgekeer op soek na geld. Daar was geen kontant op die perseel nie. Die slagoffers is ongedeerd.
Louis Mothombela se vrou CC Mothombela is ’n voormalige Premier van die Vrystaat. Louis Mothombela is verbonde aan die ANC-regering.
Die feit dat net ’n vuurwapen en ’n skoot rekenaar gesteel is, kan moontlik daar op dui dat die aanvallers die skoot rekenaar wou bekom om inligting te verkry.
Wat is die groter Agenda agter Plaasaanvalle?
Daar is ’n sterk vermoede dat Plaasaanvalle daar is om mense van hul plase af te verdryf om ’n verskuilde agenda te dryf. Dit kom daarop neer dat plaasboere geïntimideer word om hul plase te ontruim sodat dit deur sekere groepe oorgeneem kan word. Hierdie is die tweede aanval in die Heilbron, Frankfort distrik na die plaas aanval op Vrydag 1 Maart 2024
