McMurray en sy vrou is wreed aangeval toe drie gewapende verdagtes op 25 Junie hul huis binnegegaan en selfone en vuurwapens geëis het.
MIDVAAL. – ’n Malawiese burger is in hegtenis geneem in verband met die moord op Drumblade-bokboer en ambagskaasmaker, Terry McMurray.
Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Fikile Funda, is Terry McMurray en sy vrou, Linda, erg aangerand en op 25 Junie agtergelaat om te sterf. Dit nadat drie gewapende verdagtes hul huis binnegegaan en hul selfone en vuurwapens geëis het.
Funda het aan Vaalweekblad gesê McMurray is dood aangetref, terwyl sy vrou in ‘n kritieke toestand was en hospitaal toe gehaas is.
Die polisie soek steeds na die ander verdagtes wat betrokke was.

