Uit die pen van Volkskrag Nuus Redakteur
In die tyd van seilbote het die seevaarders die skip dopgehou vir rotte wat uit die skip storm om na veiligheid te vlug. Die rotte weet dat die skip gaan sink, lank voor die bemanning!
Ierland stel maatreëls in om dit moeilik te maak vir Suid-Afrikaners om daarheen te gaan. Shell, BP, Total en nog ander maatskappye verlaat die land. Heelwat maatskappye is besig om te sink. Amerika heroorweeg hul betrekkinge met Suid-Afrika.
Geen beurtkrag maar die skedules maak voorsiening om beurtkrag tot op vase 16 te hê. (Algehele duisternis)
Al hierdie gebeure is tekens van die spreekwoord rotte wat besig is om die skip te verlaat. Dit is ook tekens dat die skip bitter naby aan sink is. Die lekplekke word al hoe groter en is besig om in gate te verander.
Alles gebeur onder die vaandel dat ales nog klopdisselboom gaan en dat die land vooruitgaan.
Met die “nuwe” saamgestelde “regering” wat aan die orde van die dag is, is daar duidelike gate in die spreekwoordelike skip. Daar is reeds wrywinge van die begin af toe die “rolverdeling” gesloer het net na die verkiesing.
Die feit dat die 2 grootste partye in tweespalk is oor hul buitelandse betrekkinge voorspel niks goeds vir Suid-Afrika nie.
Tydens oom Jaap Marais se toespraak in 1994 het hy die land se ekonomie met ’n stoomtrein vergelyk. Hy het gesê dat dit baie jare gaan vat vir die “stoom” om op te raak aangesien steenkool lank brand en lank stoom kan verskaf.
Het ons dalk die tyd bereik wat die land se “stoom” nou baie naby aan opraak is? Het ons nou die punt bereik dat ons in dieselfde bootjie as Zimbabwe gaan klim?
