Die gemeenskap van Xholora in Stutterheim, Oos-Kaap, is woedend nadat ‘n tweejarige seuntjie na bewering deur sy ma se kêrel opgehang is.
Na bewering het die 35-jarige man die seuntjie met geweld geneem en die kleintjie is later in ‘n veld naby hul huis gevind.
Die verdagte sal more in die Stutterheim Landroshof verskyn. Daar word verwag dat die inwoners voor die hof sal saamkom om te betoog teen borgtog wat moontlik toegestaan mag word.
‘n Woordvoerder, Babalwa Goroleki, het namens die familie gesê die voorval is hartverskeurend.
“Ons is werklik verlore hier. Ons sukkel om saans te slaap. Ons moet nou gereed maak vir ‘n begrafnis en ons kry reeds swaar. Ons harte is verskeur. Hy moenie borg kry nie.”
