In die afgelope nasionale verkiesing het die ANC in al 9 provinsies geweldige steun verloor en ’n groot gedeelte van sy steun aan Jacob Zuma se MK party afgestaan
Die EFF het ook steun aan die MK afgestaan. ANC se gewildheid het nasionaal met nagenoeg 18% afgeneem
Die DA se steun het met nagenoeg 1% verbeter
Die EFF se steun het met nagenoeg 2% gedaal
Die MK het die EFF uit sy derde plek in die rangorde onttroon en die EFF is tans in die derde plek
Die ANC kon nie daarin slaag om met ’n meerderheid oor 50% te wen nie en daarom kan hulle nie meer besluite deur stoomroller met hul meerderheid stem nie
Die MK het ’n geweldige invloed in wending in die uitslag van die verkiesing gehad en is ’n baie groot rede waarom die ANC geweldige steun verloor het. Sou die MK party nie gestaan het nie kon die uitslae moontlik baie meer gunstig vir die ANC gewees het.
Al manier waarop die ANC hul stempel sal kan afdruk is as hulle in koalisie met ander partye gaan wat die verloop van die land geheel en al kan verander.
Die land is op die oomblik op ’n mespunt met 4 persone wat mik om die leisels te vat. Sake kan na 2 kante toe val. Of dis besigheid soos normaalweg of daar kan struwelinge onder die 4 leiers ontstaan
Nog ’n invloed is die feit dat Jacob Zuma nie toegelaat is om as parlementêre kandidaat te staan nie
Die toekoms vorentoe hang suiwer af van wie met wie koalisies gaan aangaan!
Hier onder is ’n tabel van wie die top 3 posisies in 2018 beklee het en wie in 2024 die top posisies ingeneem het:
Nasionaal
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 57.50% | 40.18% |
| DA | 20.77% | 21.81% |
| EFF/MK | 10.80% | 14.58% |
Wes-Kaap
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 31.23% | 21.34% |
| DA | 52.41% | 53.01% |
| EFF/PA | 4.19% | 7.33% |
Noord-Kaap
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 58.23% | 49.30% |
| DA | 24.33% | 21.22% |
| EFF | 9.71% | 12.89% |
Oos-Kaap
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 69.26% | 62.47% |
| DA | 15.01% | 14.62% |
| EFF | 7.72% | 10.07% |
Vrystaat
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 62.94% | 52.88% |
| DA | 17.05% | 21.31% |
| EFF | 11.60% | 13.09% |
Sentraal-Transvaal
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 52.20% | 36.48% |
| DA | 24.53% | 26.63% |
| EFF | 13.53% | 12.47% |
Wes-Transvaal
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 63.69% | 58.53% |
| DA | 11.31% | 13.48% |
| EFF | 17.09% | 16.40% |
Noord-Transvaal
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 77.00% | 74.23% |
| DA | 5.37% | 6.08% |
| EFF | 13.14% | 12.97% |
Oos-Transvaal
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC | 72.23% | 51.89% |
| DA/MK | 9.12% | 17.24% |
| EFF | 11.51% | 12.71% |
Natal
| Party | 2019 | 2024 |
| ANC/MK | 55.47% | 45.93% |
| IFP/ANC | 14.58% | 17.62% |
| DA/IFP | 14.24% | 16.28% |
