Plaas aanval slagoffer loop deur onder Polisie brutaliteit en intimidasie.

Berig verskaf deur Klaas Prinsloo van die Witkruis Monument

‘n Boer van die Vaalwater omgewing was 17 Desember 2023 deur 3 plaasaanvallers aangeval gewees waarop hy weerstand gebied het. 2 van die aanvallers was noodlottig gewond en die derde een het weggehardloop. Die derde een was ook gewond gewees. Die aanvaller wat weg gekom het is deur gemeenskap lede van ‘n plaaslike informele nedersetting aangekeer en ‘n paar lesse geleer.

Die slagoffer was direk van moord aangekla.

Die nadraai van die voorval

Die slagoffer is tans op borg vrygelaat op aanklag van moord. Die Polisie het die betrokke Donderdag met ’n lasbrief by die slagoffer opgedaag. Die voorval het vroeër in Februarie gebeur. Volgens die slagoffer was die lasbrief onvolledig en ook moontlik op ’n valse manier verkry.  Die bylae met die redes tot verkryging van die lasbrief was volgens die slagoffer ook nie aangeheg nie! Die slagoffer het nie die Polisie teengestaan nie en net versoek dat sy regsverteenwoordigers moet teenwoordig wees om die lasbrief na te gaan aangesien daar ’n hofbevel teen die polisie is. Die slagoffer het aan die Polisie tekene gegee dat hy sy kluise in die teenwoordigheid van sy regspan sal oopsluit.

Die Polisie was reeds verwittig dat die slagoffer se regspan onderweg is. Volgens berigte het die Polisie met die regspan oor die telefoon gekommunikeer en bevestig dat die span op pad is. Die prokureur het ’n tydsduur van 8-minute gegee vir wanneer hy daar sou opdaag.

Volgens die slagoffer het die Polisie die ontmoeting met die prokureur probeer vermy omdat die dokumentasie nie korrek ingevul was nie. Toe die slagoffer die Polisie verwittig dat hy vir sy regsverteenwoordiger wag het hulle hom ge-arresteer met ’n klag van minagting van die hof. Hulle het die slagoffer se vrou se selfoon uit haar hand gegryp en hom na Silverton se Polisie stasie se selle geneem op die gemelde aanklag

By aankoms van die slagoffer se prokureur het die Polisie die prokureur verwittig dat as die slagoffer sy vuurwapens sal oorhandig dan sal hulle hom nie formeel aankla nie. Die prokureur het bevestig dat die dokumentasie nie korrek voltooi is nie.

Die Prokureur het voorgestel dat die slagoffer die wapens inhandig sodat hulle dit in die hof kan beveg. Die Polisie het besluit om in die teenwoordigheid van die prokureur die wapens op ’n on-forensiese wyse te neem. Die prokureur het dit teengestaan en daarna het die Polisie die nodige forensiese verpakkings materiaal by die Polisiekantoor gaan haal.

Een van die wapens se lisensie het verval maar die hernuwings aansoek is reeds goedgekeur en die slagoffer wag op die uitreiking van die nuwe lisensie kaart. Die beampte het die slagoffer terug na die Silverton Polisie stasie geneem en hom van minagting van die hof aangekla. Die Polisie het ook gepoog om die slagoffer van die besit van ’n onwettige vuurwapen aan te kla. Die klag van besit van ’n onwettige vuurwapen was af geweer aangesien die slagoffer se buurvrou bewyse aan die polisie kon toon.

Die Polisie het besluit om die slagoffer aan te hou op klag van minagting van die hof! Die Polisie het die slagoffer verwittig dat hulle hom die volgende dag in die hof sal laat verskyn. Gelukkig het die Polisie nie die slagoffer behoorlik deursoek nie en het hy sy selfoon by gom gehad. Die Vrydagoggend het die polisie beamptes die hof gevalle kom oplaai maar hulle het hom geïgnoreer.

Die slagoffer het sy prokureur geskakel en hom ingelig van die stand van sake. Die prokureur was alreeds by die hof in afwagting van die slagoffer. Die prokureur het hom na die Silverton Polisie stasie gehaas waarna hy die polisie verwittig het dat die slagoffer nie langer as 48 ure aangehou mag word nie. As hy oor die naweek aangehou word gaan dit die 48 ure oorskry

Die stasie bevelvoerder het opdrag gegee dat die slagoffer onmiddellik aangekla moet word en ook hof toe geneem moet word.

’n Beampte van ’n totaal verskillende Polisie stasie het opgedaag en die klagstate geskryf. Die beampte het geen bevoegdheid by die betrokke Polisie stasie nie. Die klaers moes met die klagstaat teken. Die klagstaat geopen is weens minagting van die hof sowel as besit van ’n onwettige vuurwapen. Die Polisie het die prokureur verbied om teenwoordig te wees ten tye van die uitreiking van die klagstaat. Volgens die slagoffer het die polisie die prokureur op ’n baie kras manier en met gekruide taal weg gejaag.

Die prokureur het hof toe gery en die slagoffer was ook na die hof geneem. By aankoms by die hof het die beampte van die ander afdeling uit die voertuig gespring en met die dokumente die hof binnegegaan.

Die Prokureur het gevra waar die slagoffer se saak voorkom waarop hulle die prokureur na hof D verwys het. Intussen was die slagoffer geboek om in hof 16 verhoor te word. As gevolg daarvan was die prokureur in die verkeerde hofsaal teenwoordig gewees. Die landdros het die klagstate soos vermeld aan die slagoffer voorgelees. Die slagoffer het onskuldig op die aanklagte gepleit waarop die slagoffer tekene gegee het dat hy reeds regsverteenwoordiging het en dat die verteenwoordiger veronderstel is om reeds teenwoordig te wees.

Die Landdros het besluit dat die slagoffer tot en met die volgende Donderdag in Pretoria-Sentraal gevangenis moet deurbring tot sy saak weer voor kan kom. Die slagoffer was reeds gereed om Pretoria-Sentraal gevangenis toe te vertrek. Die slagoffer het aanhoudend gebid en vir die HERE gesmeek vir uitkoms.

Gelukkig is die landdros en die prokureur aan mekaar bekend gewees en die Prokureur het die hofrol nagegaan en agtergekom dat die slagoffer se naam nie op die hofrol is nie. Die Prokureur is direk na die sentrale register kantoor waarop hulle weer aan die Prokureur tekene gegee het day die slagoffer in hof D is! Die Prokureur het sy teenkanting gebied. Nadat die prokureur die amptenare met vervolging gedreig het, het hulle die regte besonderhede aan die prokureur oorhandig.

Toe die prokureur in hof 16 aanland was die laaste saak geskeduleer alreeds aan die gang gewees. Die prokureur het die omstandighede aan die landdros verduidelik waarop die landdros geweier het om die saak te herroep en weer voor te bring. Die Landdros het onmiddellik na die beherende beamptes toe gegaan en sy saak gestel. Die landdros in bevel het die prokureur vergesel na die hofsaal waar die verhoor plaasgevind het. Die prokureur het verduidelik dat sy kliënt onskuldig ge-arresteer is. Die landdros wat die saak moes aanhoor kon oortuig word om sy besluit te heroorweeg. Die landdros het die prokureur verwittig as die bussie nog nie vertrek het nie kan hy die saak weer oorsien.

Die slagoffer was op die punt om in die gevangenis bussie gelaai te word toe die prokureur daar aangeland het

Die landdros het albei aanklagte onmiddellik teruggetrek en dat die slagoffer was vry om huis toe te gaan. Die prokureur het erken dat hy nie ’n gelowige is nie, maar hy het besef dat dit wat gebeur het ’n wonderwerk van GOD is…

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui