Inwoners van Rayton en Cullinan voel afgeskeep

“Die munisipaliteit het sedertdien oorlog teen slaggate in die gebied verklaar deur projekte te vestig om dit te herstel.”

Hoewel Rayton en Cullinan nie naastenby so verwaarloos en agteruitgegaan soos ander dorpe in ons verspreidingsgebied, soos Delmas, lyk nie, voel inwoners die Stad Tshwane Munisipaliteit verwaarloos hulle.

Daar is ook ander dorpe rondom Rayton en Cullinan, soos Refilwe, Donkerhoek, Elandshoek en Jakaranda Park, wat geen aandag geniet nie.

Inwoners voel hul stemme raak ongehoord wanneer hulle kla oor munisipale dienste, omgewaaide verkeersligte, straatligte wat nie werk nie en slaggate.

Onwettige storting het ook ’n probleem in dié gebiede geword omdat inwoners hul rommel agter geboue gooi en van die munisipaliteit verwag om dit op te ruim.

Hierdie storting is ook ‘n groot bydraer tot die besoedeling van riviere en openbare ruimtes.

Wyk 100 rl Johannes Bekker het gesê: “Daar is geen verskoning vir plastiekafval in die omgewing nie, want dit moet altyd herwin en korrek weggegooi word.”

Plastiek is ‘n waardevolle hulpbron en te noodsaaklik om te stort en nie te hergebruik nie.

“As die skuldiges gevang word, sal hulle boetes ontvang vir onwettige storting. Die metropolisie ondersoek ook inwoners wat stort,” het Bekker gesê.

Die padtoestande in Cullinan en Rayton versleg, en die slaggate is ‘n teken van swak padinfrastruktuur.

Slaggate, eens so klein soos die palm van ‘n mens se hand, oorheers nou die paaie, en dwing motoriste om uit te swaai of die risiko om hul vellings, skokke en wielsporing te beskadig.

Inwoners het hierdie nie-funksionele straatligte by die Stad Tshwane aangemeld, maar dit het niks daaraan gedoen nie.

Volgens die inwoners het hulle al baie verslae oor die foutiewe straatligte ingedien maar is hulle met niks anders as leë beloftes gelaat nie.

VOLKSKRAG NUUS GAAN RY DEUR RAYTON

VOLKSKRAG NUUS het persoonlik deur Rayton gery om na die stand van sake rakende die straatligte te kyk. Die meeste ligte brand in die hoofstraat maar binne die dorp is daar slegs 3 straatligte wat in die hele dorp brand. Die 3 straatligte wat brand is op die hoeke van Jenner Straat en Prinsloo straat in die dorp Rayton.

Die res van die dorp is donker met geen werkende straatligte. Die straatligte is al vir etlike maande en in sommige strate jare buitewerking

Indien die Stad Tshwane Munisipaliteit versuim om ‘n antwoord te verskaf, kan die inwoners in daardie spesifieke area die navraag eskaleer na die areabestuurder waar die probleem is.

Volgens Themba Gadebe, metrowoordvoerder, is vandalisme en diefstal van straatligte van die grootste uitdagings wat die departement se pogings belemmer het om die foutiewe straatligte regoor die stad Tshwane te hanteer.

2 thoughts on “Inwoners van Rayton en Cullinan voel afgeskeep

  1. 3 Ligte wat brand??? Dit is n absolute belaglike leuen. Ek bly in Grobler singel. Net in my straat alleen brand 5 ligte.
    Hoekom sulke leuens Volkskrag. n Verskoning en regstelling sal waardeer word.

    1. Toe ek daar deur gery het was hulle baie beslis af!!! Dan is dit 8! Nog steeds PATETIES! Doen die moeite en ry bietjie deur die dorp in die aand!!!!!!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui