“Tradisionele leiers” doen ‘n beroep op die regering om grondhervormings te versnel

Sommige “tradisionele leiers” in die Noord-Transvaal sê dat hulle 30 jaar in demokrasie steeds nie die grond teruggekry het wat die apartheidsregering met geweld van hulle afgeneem het nie.

Hulle het gepraat tydens ‘n gesprek met die voormalige president van die African National Congress (ANC) Kgalema Motlanthe wat op ‘n verkiesingsveldtog in Pietersburg was.

Hierdie tradisionele leiers het ‘n beroep op die regering gedoen om die grondrestitusieproses te versnel.

“Wat ons wil hê, is ons grond terug. Want aangesien ons vir die grond gewag het, het ons ANC regering ons die grond belowe maar ons het dit nie gekry nie. Ons wil ook dienslewering soos werk en water hê. Dit is pynlik dat ons nie water het waar ons bly nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui