Leon Schuster sterk tuis aan ondanks gerugte dat hy oorlede is

Leon Schuster het gerugte van sy dood met ‘n sosialemediaplasing in die kiem gesmoor.

Nadat daar weer gerugte was, het Schuster omgekrap laat hoor wat hy met mense wat die gerugte versprei, sal doen. En sê hy, dit is nie lekker om te hoor nie.

Aangesien dit die sesde keer is dat so ‘n gerug die rondte doen, noem hy homself ‘n Cheetah-kat. En noem dat daar darem nog drie lewens oor is.

Schuster herstel tans tuis na twee rugoperasies. Hy moet nog ‘n operasie in die nabye toekoms ondergaan en het onlangs almal wat hom ondersteun, bedank.

“Ek hoor ek is alweer ‘oorlede.’ Watter mal kop plaas sulke goed? Ek sal hom daar skop waar hy nooit weer kinders sal kan hê nie. Dis nie lekker nie as jou mense jou bel en se ‘ek is so bly om jou stem te hoor.’ Ek is ‘n Cheetah, ‘n kat, en dis nou al die sesde keer wat dit gebeur. Gelukkig het ‘n kat 9 lewens, so ek het darem nog 3 oor!! Dankie vir julle navrae en vir julle besorgdheid en liefde – dis WARE vriende. Julle liefde is ingebeitel op die tafel van my hart. Dankie Dankie Dankie en Dankie Liewe Jesus dat my lewe in U hande is!!”

Graag wens ons vir Leon Schuster baie geluk met sy 73 ste verjaarsdag vandag. Leon Schuster (gebore 21 Mei 1951) is die vervaardiger van rolprente (waarin hy gewoonlik self die hoofrol vertolk), komediant en akteur, en is Suid-Afrika se koning van fopkamera. Hy maak sy filmdebuut in 1983 in Wolhaarstories, die enigste Afrikaanse roL

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui