Gekaapte Ford Ranger gevind, maar weer deur ‘n polisieman gesteel

Luckyboy Zabane ‘n lid van SAPD in Edenpark is gearresteer vir diefstal van ‘n Ford Ranger.

Die Ford is gekaap en deur die opsporingsmaatskappy teruggevind. Die motor is na ‘n polisiestasie gestuur waar Luckyboy werk, en Luckyboy het dit na sy blyplek gery. Die kompleks waar Luckyboy bly het sekuriteitspersoneel en kringtelevisiekameras. Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het daarin geslaag om die kringtelevisie-beeldmateriaal na te gaan, en hulle het gesien hoe Luckyboy die motor binne die kompleks parkeer.

Die opsporingsmaatskappy is in kennis gestel en het die Ford Ranger by sy huis gevind. Die polisie het Luckyboy toe gearresteer vir die besit van gesteelde eiendom en regsverydeling.

One thought on “Gekaapte Ford Ranger gevind, maar weer deur ‘n polisieman gesteel

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui