Lugrederye Lift en Airlink sal volgende week die nasionale Lugdiens lisensieraad (ASLC) versoek om FlySafair se bedryfslisensie op te skort terwyl die raad besin oor hul klagte dat die maatskappy nasionale eienaarskap reëls oortree.
Safair sê egter hy voldoen ten volle aan die wet en dat sy mededingers se klagte ’n slenter is om vertroue in toekomstige besprekings te erodeer.
Die klag sal Maandag by die nasionale ASLC ingedien word. ‘n Soortgelyke klag is op 11 April voor die internasionale ASLC (IASLC) aangehoor. Die IASL sal weer aan die einde van volgende week vergader om te beraadslaag.
Suid-Afrikaners moet ingelig word as ons ‘n voorspoedige toekoms wil skep. News24 hou die land al 25 jaar lank op hoogte en ons is op die punt om ‘n nuwe hoofstuk van vreeslose joernalistiek te betree. Sluit aan by ons gratis intekening proeflopie om hierdie storie en ‘n wêreld van nuus te ontdek wat bedoel is om in te lig, te bemagtig en te inspireer.
