Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het oor die afgelope ses jaar meer as R42,67 miljoen aan petrol en diesel bestee bloot vir sy BBP-beskermings vloot.
Volgens die minister se reaksie was die Nasionale BBP-beskerming sentrum in Gauteng die grootste besteder in 2023/24 en het hul BBP-vervoer vloot met meer as R2,2 miljoen se brandstof gevul, meer as dubbeld as die tweede hoogste spandeerder. Die tweede grootste misbruiker van openbare fondse is Mpumalanga, met meer as R1,1 miljoen vir die jaar.
Terwyl Suid-Afrikaners gebuk gaan onder verpletterende lewenskoste, insluitend hoër brandstofpryse, neem ANC BBP-kaders die belastingbetalers vir ‘n rit sonder om hul hande in hul sakke te steek.
Die ANC het onlangs die SAPD se BBP-beskermings toekenning in die middeltermynbegroting met meer as R52 miljoen verhoog. Trouens, die begrotingstoewysing vir hierdie dienste het oor die afgelope vyf jaar met meer as 25% toegeneem. Ander SAPD-bestedingsprogramme was nie so gelukkig nie, met misdaadintelligensie-operasies wat slegs met 11,5% toegeneem het, en die hele misdaadvoorkomingsprogram met ‘n treurige 12,4%.
Dit is nie net die nasionale ANC-regering wat sy hande in die belastingbetaler se beursie gesteek het nie, in die Stad Johannesburg, wat in die greep van ‘n groot waterkrisis is, het die ANC/EFF/PA-geleide oordeelsdag-koalisie deur ‘n R3 miljoen maandelikse bestedings bult in hul laaste begroting om nog meer lyfwagte en spoggerige motors aan die burgemeester, die speaker en hul kaders te verskaf.
’n DA-geleide regering sal hierdie koste besnoei en broodnodige fondse hertoewys aan regerings projekte wat Suid-Afrikaners die nodigste het. Bykomende hulpbronne sal vrygestel word deur die opgeblase SAPD-middelmiljoenêrbestuur, wat geen bydrae tot die bekamping van misdaad lewer nie, te vernietig. Deur ‘n nuwe regerings kultuur te bou, gebaseer op uitnemendheid, deursigtigheid en aanspreeklikheid teenoor die mense, beloof die DA om ‘n professionele administrasie en ‘n onafhanklike staatsdiens te lewer wat aan almal lewer, en nie net die elite en gekoppelde paar nie.
Die buitensporige befondsing aan SAPD BBP-beskerming bewys dat die ANC net omgee om hul eie polities verbonde kaders te beskerm, eerder as die mense van Suid-Afrika wat vrees om een van die 85 mense te word wat vermoor word of die 169 mense wat seksueel aangerand word, elke enkele dag.
Dit is tyd dat ons die ANC verwyder wat eerder op BBP-beskerming as sy moordsyfer wil fokus, ons het ‘n Minister wat meer omgee vir sy media-optredes as sigbare polisiëring en speurders. Dit is hoog tyd dat ons van hierdie manipulerende regering ontslae raak en vir die DA stem om Suid-Afrika te red.
