LADYBRAND – Op 26 Maart 2024 omstreeks 05:10 het lede operasie “Vala Umgodi” uitgevoer deur stop en soektogte naby Maseru toegangs port, toe hulle ‘n manlike persoon met ‘n sak gestop het.
Terwyl hulle die sak deursoek het, het lede ‘n groot som geld gevind. Die man kon nie ‘n duidelike aanduiding van die bron gee nie en hy is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde geld.
Terwyl die lede besig was om hom van sy arrestasie in te lig, het hy probeer om die arresterende beamptes om te koop deur hulle R50 000.00 aan te bied in ruil vir sy vrylating. Die 38-jarige man is gearresteer en aangehou met ‘n bykomende klag van omkopery.
“Ons prys die span dat hulle so waaksaam is en nie toelaat dat die verdagte korrupteer word nie.” Sê die waarnemende provinsiale kommissaris, genl.maj. Len Singh.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Ladybrand-landdroshof verskyn.
