Genoeg is genoeg: Volkskrag staan saam

Die Boere-Afrikanervolk word tans openlik deur die rassistiese kommunistiese Suid-Afrikaanse regering en sy meelopers onderdruk.

Afgesien van die misdaadgolf teen alle Boere-Afrikaners wat ooglopend aangehits word deur rassistiese uitlatings van linkse politici, is een van die mees koelbloedige aspekte van hierdie onderdrukking die aggressiewe geïnstitusionaliseerde diskriminasie teen ons jongmense in veral tersiêre opleidingsinstellings en op die arbeidsterrein.

Van die beste jong mense-materiaal gaan vir ons volk verlore omdat talle jongmense dit as enigste uitkoms beskou om te vlug uit hul geboorteland sodat hul met hul Godgegewe talente in vreemde lande ʼn toekoms vir hulself en hul nageslag kan skep.

Dit mag nie so aangaan nie.

Daar is geen regverdiging vir die onderdrukking van enige volk nie. Ons is op ons vryheid geregtig. Daardie vryheid word vir elke volk gewaarborg deur die Volkeregtelike reg op selfbeskikking.

Ons weet vryheid kom teen ʼn prys vir elkeen wat vry wil wees: Onverbiddelike toewyding aan, en aandrang op daardie Vryheid is ‘n moet.

Die Volkskrag se onherroeplike strewe is die herwinning van die selfbeskikking/vryheid van die Boere-Afrikanervolk.

Daarom het ons as beweging wat ons volk se belange bevorder die roeping om weer Vryheid vir ons Volk te bewerkstellig. Vryheid sal nie vanself na ons toe kom nie, maar wel deur ‘n intense stryd deur die hele volk nie net sekere mense nie. Ek persoonlik glo as jy iets doen ,doen jy dit behoorlik of los dit.

Een van die kern punte is om al ons mense bewus te maak dat daar wel sulke aksies aan die gang is en daarom het ons ook ‘n aanlyn koerant gevestig naamlik Volkskrag Nuus. Daar gaan nou gereeld berigte verskyn om dit aan te moedig.

Ons wil egter ook van u as lesers vra om deel te neem en u opinie te lug sodat daar lewendige debat kan wees rondom hierdie uiters belangrike onderwerp.

U die volgende skakel gebruik om daar in te skakel. https://www.facebook.com/groups/1079390466446111

U kan ook met ons skakel deur media@volksrag.co .za te gebruik om kontak te maak.

Groete

Willie Cloete, VoorsitterVolkskrag

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui