Die Nasionale Kommissaris van SAPD, Generaal Fannie Masemola het die meedoënlose pogings van polisiebeamptes regoor die land geloof nadat 14 165 verdagtes in hegtenis geneem en 155 onwettige vuurwapens in die afgelope sewe dae teruggevind is.
In die jongste sukses het die SAPD-teenontvoeringstaakspan vier onwettige vuurwapens, insluitend ‘n AK47, teruggekry en ‘n Ethiopiese sakeman uit ‘n ontvoeringsring gered. Die sakeman is op Sondag, 09 Maart 2025 buite ‘n restaurant in Norwood ontvoer.
Vandag het ‘n span bestaande uit verskeie eenhede binne die SAPD onder leiding van die teen-ontvoeringstaakspan wat nou saamwerk met private sekuriteit, die slagoffer by ‘n huis in Kesington, Johannesburg, opgespoor. ’n Skietgeveg het gevolg en een ontvoerder is doodgeskiet, en vyf ander ontvoerders is gearresteer.
Daar is beslag gelê op voertuie wat in die pleging van die misdaad gebruik is en daar is beslag gelê op sommige items wat aan die slagoffer behoort, insluitend luukse horlosies en juweliersware.
Polisiebeamptes regoor die land bly hard aan die werk om die gesag van die staat te bevestig.
Van die vuurwapens waarop beslag gelê is tydens polisie-operasies, sluit die volgende in:
▶️112 handwapens: die Wes-Kaap provinsie het beslag gelê op die meerderheid vuurwapens met 38 onwettige handwapens wat die afgelope week gekonfiskeer is
▶️25 gewere
▶️13 haelgewere
▶️5 tuisgemaakte gewere
50 gekaapte en gesteelde voertuie is ook in die laaste sewe dae teruggevind.
Net verlede week het die polisie R340 miljoen se dwelms in Kaapstad vernietig. Dit was dwelms waarop tydens operasies beslag gelê is. Die polisie het die afgelope drie jaar dwelms ter waarde van R5,2 miljard vernietig.
