IPSS Medical Rescue en IPSS Search & Rescue het vanoggen gereageer nadat hulle berigte van verbygaande motoriste ontvang het dat hulle gesien het hoe ‘n mikroligte vliegtuig net suid van die Groutville-vliegveld neerstort.
Groutville is sowat tien kilometer suid van KwaDukuza en sowat 69 kilometer noord van Durban geleë.
Verskeie eenhede is dadelik uitgestuur en het die suikerrietlande deursoek in ‘n poging om die vaartuig en vlieënier op te spoor.
Die vlieënier, wat ernstige beserings opgedoen het, is op die toneel gestabiliseer deur die para-mediese spanne voordat hy na ‘n mediese fasiliteit afgevoer is.
‘n Mikroligte vliegtuig word gedefinieër as ‘n nie-voet-lanseringsvliegtuig met ‘n leë massa van hoogstens 150 kg vir ‘n enkelsitplek en 175 kg vir ‘n tweesitplek.
