Mediaverklaring Suid-Afrikaanse Polisiediens Kantoor van die Provinsiale Kommissaris Oos-Kaap BUTTERWORTH –
Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat verband hou met die moord op ‘n aanklaer by “New Rest” buite Butterworth, Donderdagaand, 14 Maart 2024. Daar word beweer dat die slagoffer, 49 jaar oud, gisteraand omstreeks 19:45 saam met ander plaaslike mense in ‘n sjebien was toe hy uit die huis gegaan het.
Toe hy terugkeer na die huis, is hy gevolg deur twee onbekende mans wat klapmusse gedra het en hy is noodlottig in sy bolyf geskiet en is op die toneel dood.
Die motief vir die voorval is in hierdie stadium nog onbekend en die polisie se ondersoek duur voort. Die polisie versoek enigiemand wat kan help met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagtes om die naaste polisiestasie of alternatiewelik ons SAPD Stop Misdaadnommer 08600 10111 te kontak.
Einde van Mediaverklaring
