Die polisie vorder met die bekamping van blou lig bende rowers met nog ‘n arrestasie in Dawn Park in die Sentraal-Transvaal.
Polisiewoordvoerder, brig Athlenda Mathe, wat die arestasie Maandag aangekondig het, het gesê die verdagte behoort aan ‘n sindikaat wie se lede motoriste kaap en beroof terwyl hulle hulself as wetstoepassers voordoen.
Daar is beslag gelê op uniforms wat aan die verkeerspolisie behoort en verskeie blou ligte.
Mathe het gesê die afgelope ses maande is agt vermeende blou lig-bendelede in hegtenis geneem.
Times LIVE
