Hartseer groet aan ‘n inspirerende jong vrou

In Liefdevolle Herinnering aan Beandri Booysen

Dit is met diep hartseer dat ons die afsterwe van Beandri Booysen aankondig, een van Suid-Afrika se mees geliefde en inspirerende jong vroue. Beandri was nie net bekend vir haar sprankelende persoonlikheid en aansteeklike lag nie, maar ook as die laaste oorlewende persoon in Suid-Afrika wat met Progeria geleef het – ‘n seldsame genetiese toestand wat kinders vroeg laat oud word.

Ten spyte van die uitdagings wat sy moes hanteer, het Beandri hoop en lewensvreugde uitgestraal. Sy was ’n stem en ’n simbool van bewusmaking vir Progeria en ander spesiale behoeftes, en het met haar unieke gees duisende mense geïnspireer.

Die Booysen-familie versoek vriendelik privaatheid gedurende hierdie uiters moeilike tyd terwyl hulle die verlies van hul geliefde Beandri verwerk. Verdere besonderhede oor die gedenkdiens sal later gedeel word.

Met dank aan Pixie Pink Victim’s Advocate vir die beriggie (https://www.facebook.com/pixiepinkadvocate)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui