R6 miljoen-dwelms by OR Tambo-lughawe gekry

Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die polisie wat by die OR Tambo internasionale lughawe gestasioneer is, geloof vir hul opsporing van R6 miljoen dwelms.

Die polisie het by ‘n pakhuis by OR Tambo Internasionale Lughawe toegeslaan en op ‘n onwettige Crystal Meth-besending beslag gelê.

Die dwelms was in ‘n snoekertafel geberg wat vir Australië bestem was.

“Die polisie by OR Tambo Internasionale Lughawe gaan voort om byna elke week dwelmsmokkelaars en groot besendings dwelms te onderskep – hul waaksaamheid en toewyding word geloof. Hierdie dwelm-l;opjagte moet voortgaan om ‘n streng waarskuwing aan alle dwelmhandelaars en dwelmkartelle te stuur dat die polisie op hoë gereedheid is by Afrika se grootste hawe van toegang,” sê polisiewoordvoerder Athlenda Mathe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui