Op 7 Desember is ontvang oor beeste wat vroeer die week gesteel is in die Helderfontein omgewing en dat hulle in die Mashashane nedersetting buite Mokopane is.
Die inligting is opgevolg wat gelei het tot by n huis waar twee beeste uitgewys is. Een verdagte is gearresteer op die toneel waarna n tweede verdagte ook aangekeer is. Dit blyk dat daar no medepligtiges betrokke is.
‘n Derde verdagte persoon is gearresteer in Mookgophong. Die verdagte is na Mokopane SAPD geneem en aan hulle oorhandig.
Gister is tien Bosnmara beeste gesteel. ‘n Voertuig is in die omgewing opgemerk en agterna gesit. Die voertuig het verdwyn tussen die plase en kon nie opgespoor word nie. Die veediefstal eenheid Modimolle ondersoek die saak.
Verdere ondersoek duur voort deur betrokke instansies: Boere in die omgewing, GPF Mashashane, HPG Mokopane, SAPD Mashashane en Veediefstal eenheid Polokwane.
