Dwelmmuil word met 33 ‘koeëls’ op OR Tambo Internasionale Lughawe gevang

Pogings om dwelms die land in te smokkel, vermeerder met hierdie die derde voorval in een week by OR Tambo Lughawe

Op 6 Desember 2024 het die polisie ‘n dwelmmuil se gewaagde poging om verby owerhede te glip met 33 dwelm”koeëls” kokaïen in haar maag gefnuik. Die 43-jarige vrou van Paraguay het pas vanaf Sao Paolo, Brazilië, geland toe sy gearresteer is.

Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Amanda van Wyk, is die vermeende dwelmmuil na ‘n nabygeleë hospitaal geneem waar ‘n mediese X-straal die teenwoordigheid van vreemde voorwerpe wat as dwelmkoeëls in haar maag geïdentifiseer is, gevind is.

Altesaam 33 dwelmkoeëls wat kokaïen bevat, is daarna deur die dwelmsmokkelaar vrygelaat.

Onrusbarend is dat die dwelmsmokkelaars vanaf uit een van die BRICS-lande hul dwelms die land wil binnebring. Word Suid-Afrika se grensbeheer as sodanig swak beskou dat misdadige elemente redeneer hulle kan die land sonder gevolge binnekom of is dit misbruik deur ‘n BRICS-vennoot?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui