Kersfees kom, Kersfees kom, Gee aan GOD die eer.

Hoekom vier ons Kersfees?

https://www.facebook.com/groups/2270295916736428

Dit is die tyd waar Jesus se geboorte weereens herdenk gaan word. Die hele doel van Kersfees is om fees te vier en dankbaar te wees dat Jesus as ons Koning, 2000 jaar gelede na ons toe gekom het as Herder Middelaar en HEER volgens Johannes 1: 1-14!

“Joh 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
Joh 1:2 Hy was in die begin by God.
Joh 1:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Joh 1:4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.
Joh 1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
Joh 1:6 Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.
Joh 1:7 Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.
Joh 1:8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.
Joh 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
Joh 1:10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
Joh 1:11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.
Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Joh 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Joh 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon—en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom—vol van genade en waarheid.”

In hierdie gedeelte word Jesus ongelooflik goed en uitstekend uitgebeeld! Dit is ongetwyfeld dat Jesus as Here hier beskryf word! Dit is ongetwyfeld dat Jesus al van die ontstaan van die aarde deel van die wêreld was! Dit is baie duidelik dat Jesus as “Joh 1:10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.”

Tot vandag toe ken die Wêreld nie vir Jesus as die groot koning nie. Tot vandag is die mensdom halsstarrig om Hom te erken vir wie Hy is.

“Joh 1:11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.” Hier is dit baie duidelik dat ons sy EIENDOM is en aan HOM behoort wat Aarde toe gekom het! Ook dat Sy eie mense hom nie aangeneem het nie.

Tot vandag toe is daar Afrikaner Boere wat beweer dat Jesus nie God is nie. Dit is ongelukkig mense wat in geloof die pad byster geraak het waaraan ons voorouers vasgeklou het. Dit is mense wat hul wortels in ’n valse geloof ge-anker het. Dit is mense wat ’n geloof wat uit ’n uiters vyandige volk hul hoop op gevestig het.

Kersfees gaan nie oor die kersboom of Kersvader of enige dergelike nie. Kersfees gaan ook nie oor enige vorm van AFGODS DIENNING nie! As ons na Romeine 14:5-12 lees kan ons verstaan hoe God wil hê ons moet handel.

“Rom 14:5  Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.
Rom 14:6  Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.
Rom 14:7  Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.
Rom 14:8  Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
Rom 14:9  Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as lewende te heers.
Rom 14:10  Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.
Rom 14:11  Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
Rom 14:12  So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.”

“Rom 14:6  Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here;” Kersfees MOET tot eer van die HERE waargeneem word! Ongelukkig het die duister Kersfees as ’n geldmaak saak gekaap. Ongelukkig het die duisternis Kersfees so afgewater dat die ware betekenis van Kersfees agter brassery, geldmakery en joligheid verdoesel word.

Laat Kersfees weereens ’n ware CHRISTUS Fees wees. Laat Kersfees weereens aan GOD die eer gee. Toe Hy sy Seun aan ons gegee het. Ons grootste Kersgeskenk. Skenk ons ’n ware Christus fees, In hierdie land, O HEER

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui