Die Konstitusionele Hof het Vodacom se regte op verlof tot appèl in die “Please Call Me”-stryd tussen Nkosana Makate en die Suid-Afrikaanse mobiele kommunikasiemaatskappy gehandhaaf.
Die saak is terugverwys na die Hooggeregshof van Appèl.
Die uitspraak is gelewer deur waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga, wat vandag aftree.
Vodacom appelleer teen ‘n uitspraak van die Hooggeregshof van Appèl wat hul aanvanklike aanbod van R47 miljoen omvergewerp het.
Makate het die aanbod in 2019 van die hand gewys.
Hy eis R9.4 miljard en beweer dat Vodacom 25 jaar lank uit sy uitvinding voordeel getrek het.
Makate hou vol dat hy die idee aan sy voormalige werkgewer voorgelê het in ruil vir ‘n deel van die inkomste.
