Weerlig slaan elf stoetbulle dood in Namibië

Die weerlig het Sondag elf waardevolle stoetbulle van sowat R1,2 miljoen van dr. Joggie Briedenhann, bekende Namibiese Bonsmara-teler, doodgeslaan toe hulle onder ’n doringboom op sy plaas by Stampriet geskuil het.

Briedenhann wat in 2018 as die Suider-Afrikaanse Stoetteler van die Jaar bekroon is, het aan Landbouweekblad gesê dit is ’n geweldige slag om soveel waardevolle bulle op een slag te verloor.

Gelukkig was dit jong bulle wat nie vir vanjaar se produksieveiling op 17 Mei op die plaas bestem was nie, anders het hy bykans ’n kwart van die vyftig bulle verloor wat dan onder die hamer gaan kom.

Die bulle wat doodgeslaan is, het nietemin reeds prestasietoetsing en keuring ondergaan en sou volgende jaar gereed vir die produksieveiling gewees het.

Die voorval was Sondag 27 April terwyl dit op die plaas gereën het. Toe ’n veewagter sy daaglikse ronde in ’n bakkie gedoen het om seker te maak dat alles in die haak by die Bonsmaras is, het hy agtergekom dat van die bulle vermis is en na hulle gaan soek.

Landbou.com

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui