Die saak is deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings ondersoek ná verskeie bewerings, sê sers. Molefi Shemane, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.
Hy sê ’n inhegtenisneming kan volg as die NVG besluit om met vervolging voort te gaan. “Die ondersoek is afgehandel en die saakdossier is aan die senior staatsaanklaer gestuur vir ’n besluit.”
Singabakho Nxumalo, woordvoerder van korrektiewe dienste, wou by navrae nie kommentaar lewer oor die besonderhede van die skorsing nie omdat dit “vertroulik” is. “Dit is ’n interne saak tussen die werkgewer en die werknemer. Ons kan tans nie nadere besonderhede bekendmaak nie.”
Skorsing sal nie departement se werksaamhede ontwrig
Nxumalo verseker die publiek die skorsing sal nie die departement se werksaamhede ontwrig nie. “Die departement het protokolle in plek om deurlopende diens te verseker. As personeel tydelik nie beskikbaar is nie, word alternatiewe reëlings getref.”
