Ons onthou: Weenen – Bloukransmoorde 16-17 Februarie 1838

Die grootste kindermoord in een nag op die kinders van ons volk.

Die gruwelike gebeurtenisse van Bloukransrivier, Moordspruit en Boesmansrivier in die vroeë oggend word onthou. Daar is 185 kinders, 41 mans, 56 vroue en 250 bediendes vermoor.

Die drie Zoeloeregimente van Koning Dingaan het Oemkoengoenhlowo verlaat na die moorde op Goewerneur Retief en sy manskappe om hierdie moorde te pleeg. Hul het nog versterkings verwag.

Die Zoeloeregimente het begin met hul moord, roof en verwoesting.

Daniel Bezuidenhout het volksgenote gaan waarsku.

Ook het ń Italiaanse handelaar se vrou Therese Viglione te perd volksgenote gaan waarsku.

Hier is veertien manne vasgekeer, maar hul skiet terug. Toe Cilliers se manne binne hoor afstand is hoor hul dat die ammunisie klaar is. Dis toe wat die jong Marthinus Oosthuizen ń heldedaad verrig het. Hy het die ammunisie gaan haal en tussen die Zoeloe’s te perd deur gejaag.

Nou kon die aanslag afgeweer word. die moorde sit Sarel Cilliers met sy manne, versterk deur Maritz en van sy manne, die vlugtende Zoeloes agterna, al langs Boesmanrivier en Moordspruit af in die rigting waar die môre se eerste aanval plaasgevind het.

“Maar daar was niks meer te red nie. Net waar hul kom langs die spruit af, sien hul die rokende moordhope van hul vriende, wat die vorige aand nog daar gestaan het.

Manne, vroue en klein kindertjies is daar in die môrevroegte om die lewe gebring met ń gruwelike barbaarsheid.

Die gras was aanmekaargekoek met die nobele bloed wat daar gestroom het; die waens verpletter of verbrand; die aarde wit met vere uit oopgeskeurde beddegoed – ń toneel van dood en verwoesting wat bereken was om die sterkste manneharte te laat bloei.

Suigelinge is daar in die arms van hul moeders en aan die bors met tientalle assegaaisteke deurboor, sodat die liggame aanmekaar vassit; van kindertjies is die hoofde teen die wawiele te pletter geslaan; van vroue die borste afgesny, die liggame afgryslik vermink, en lykies van haar vermoorde kindertjies aan die bloederige bors gedruk.

Uit sommige waens tap die bloed nog af, en daarbinne lê swanger vroue ontsiel, en ongebore kindertjies as deur ń ongedierte uitgemaakgeskeur.

Hier was ‘t wat die vrome Sarel Cilliers met ontblote hoof uit sy gebroke hart die versugting slaak:
“O, God, sal die bloed van die suigeling dan nie gewreek word nie!”

Daar is die dag ń aanvang gemaak met die versameling van oorledenes, ten einde te voorkom dat hul ń prooi sou word van die aasvoëls en roofgedierte.

Bo aan Bloukrans word die jonge meisies Johanna van der Merwe met 22 assegaaisteke en Catherina Prinsloo met 17 assegaaisteke ontdek, albei verskriklik vermink deur die Zoeloeassegaaie, maar nog lewendig.

Die volgende dag eers word mevrou De Beer ( geb. Loggenberg) met twee-en-twintig assegaaisteke ontdek. Sy het ń ent weggevlug nadat sy gewond was, en klim toe in ń doringboom. Gedurende die oggend kom daar ń aantal Zoeloe-soldate onder die boom verby, en daar drup van haar bloed op hulle. Hul was reeds besig met terugval, en steek haar toe verder met hul assegaaie van onder die boom, sover hul kon bykom. Sy was te swak om daar self weer uit te kom; en dit was eers toe die volgende dag bemerk word hoe daar aasvoëls draai, dat sy ontdek is. Sy is dae daarna oorlede.

Net waar jy kom, het die mense gehuil…..”

Hier volg ń lys met baie tekortkominge, van hul wat vermoor is:

Pieter Liebenberg se vrou.

Wynand Bezuidenhout en sy vrou en hul 6 kinders.

Roelof Botha en sy vrou.

Daniel Bezuidenhout se vrou en kind.

Weduwee Frans Smit.

Adriaan Rossouw en sy vrou en vier van hul vyf kinders. Een kind nagelaat wat 30 wonde opgedoen het maar wel oorleef het.

Willem Jacobz en ses kinders.

Jacobus Coetzee senior.

Piet du Preez se vrou en hul sewe kinders.

Nicolaas Grobbelaar se vrou en vier kinders.

Steph Grobbelaar en sy vrou en twee van hul vier kinders.

Jan Roos en sy vrou en twee kinders.

Charel Roos en sy vrou en hul drie kinders.

Lourens Erasmus en sy vrou en vyf kinders.

Jan Joubert en sy vrou en twee kinders.

Willem Wagenaar en sy vrou en hul vier kinders.

Josias van den Berg en sy vrou en hul vier van hul ses kinders.

Christian de Beer en sy vrou en hul drie kinders.

Zacharias de Beer en sy vrou en sy vyf kinders.

Piet de Wet en sy vrou en hul sewe kinders.

Weduwee Fredk. Oosthuizen en haar ses kinders.

Adriaan de Beer se twee kinders.

Hendrik Loggenberg en sy vrou en hul drie kinders.

Cornelis van Zyl en sy vrou en hul drie kinders.

Joachim Prinsloo en sy vrou en sewe van hul agt kinders.

Frederik Kromhout en sy vrou en hul kind.

Andries Bester en sy vrou en ses kinders.

Weduwee Cloete.

Michiel Grobbelaar en sy vrou en hul vier kinders.

Lourens Klopper en sy vrou en hul twee kinders.

Louw Bothma (wewenaar) en sy kind.

Frans van Wyk en sy vrou en hul vier kinders.

Louw Botman en sy vrou.

Abram Botha en sy vrou en hul ses kinders.

Jan Bothma (wewenaar) en sy vier kinders.

Stephanus de Beer en sy vrou en hul ses kinders.

Willem van der Merwe en sy vrou en hul drie kinders.

Marthinus van der Merwe en sy vrou.

Gerrit Engelbrecht en sy vrou en sy kind.

Willem Engelbrecht en sy vrou en hul twee kinders.

Gert Engelbrecht (wewenaar) en sy vier kinders.

Jan Botha en sy vrou.

Josua Joubert en sy vrou en hul ses kinders.

Johannes de Beer se twee kinders.

David Viljoen en sy vrou en hul drie kinders.

Weduwee van Joseph van Dyk.

Weduwee van Loggenberg.

Christiaan Loggenberg en sy vrou en hul twee kinders.

Johannes Gysbertus Roos en sy vrou en hul twee kinders.

Stephanus de Beer se vrou en hul vyf kinders.

Barend Johannes Loggenberg se vrou en hul drie kinders.

Daniel Liebenberg se vrou.

Jacobus Hatting se vrou en hul vier kinders.

Christiaan de Beer se vrou en drie kinders.

Jan de Beer se vrou en hul kind.

Gerrit Botman se vrou en hul kind.

Johan van der Merwe se vrou en hul vier kinders.

Andries van Dyk se vrou en hul tien van hul elf kinders.

Gerrit Bothma se vrou en hul vier kinders.

Hermanus Fourie se vrou en hul twee kinders.

Daarom het hul geween.

Bronne:
+Gustav Preller se boek Piet Retief.
+Gustav Preller se Voortrekkermense 6.
+Jan Visagie se Voortrekkerstamouers 1835 – 1845.
+Andere.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui